يُوسُف Soera 12 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Yûsuf | |
Transliterasie | Joesoef | |
In Afrikaans | "Josef" | |
Deel | 12-13 | |
Ajat | 111 |
Yûsuf (Arabies: يُوسُف, "Josef") is die 12de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 111 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka geopenbaar.[1] Daar word gesê dit is in 'n enkele sitting geopenbaar, en dit is dus uniek wat dit betref.[2] Die soera vertel die verhaal van Josef, seun van Jakob, wat 'n profeet in Islam is.
Anders as die weergawes van ander islamitiese profete,[3] waarvan verskillende elemente en aspekte in verskillende soeras weergegee word, word die geskiedenis van Josef net in dié soera vertel, ten volle en in chronologiese volgorde.[1][4] Die soera vertel ook van die waarheid wat, volgens Moslems, in drome opgesluit lê.
{{cite book}}
: |last=
has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search